Hollywood on the Veld

EasyEquities Skrywersfees
Engels
60 Minute
13 Oktober
16:00
R50 | R80 by die deur

‘n Hollywood on the Veld vertel Ted Botha die boeiende verhaal van die geheimsinnige Amerikaanse miljoenêr Isidore Schlesinger, wat in 1913 probeer het om Johannesburg in ’n rolprentmekka te verander. Hy wou nie sommer enige flieks hier maak nie, maar die grootste rolprente ter wêreld, met epiese verhaallyne, uitvoerige stelle en duisende byspelers. Die bekroonde rolprentmaker en akademikus Dian Weys vra Ted Botha uit oor dié maltrapverhaal, ’n gedeelde liefde vir rolprente en wat vandag oor is van Schlesinger se droom van ’n Hollywood hier by die huis.

Aangebied deur Jonathan Ball