Hoogsomer: Die nuwe psigedeliese seisoen

Diskoers
Afrikaans, English
o/18
60 Minute
5 Oktober
17:30

Sluit aan by ons feesdigter, Tom Dreyer, vir ‘n gesprek oor die jongste navorsing rondom psigedeliese middels soos psilocybin (sampioene), DMT en ayahuasca. Hy en die beeldhouer Gerhard van Niekerk gesels oor die onomstootlike bewyse oor hoe doeltreffend dié middels is om depressie te beveg, kreatiwiteit te ontsluit en nuwe maniere te vind om te dink oor die menslike bewussyn en intermenslike verhoudings. Hulle kyk na harde data, die mistieke ervaring en kreatiwiteit as nuwe lewensoriëntasie.