Die hoogste bome vang blykbaar die meeste wind… maar waar sal hierdie wind vandaan kom? By die Toyota Stellenbosch Woordfees is dit die digters wat die onaantasbares gaan gas gee. In hierdie voorlesing van nuwe verse deur van ons voorste digters word daar sonder skroom kritiek gelewer op diegene wat die septer swaai in die wêreld – van die politieke elite tot die magsbehepte miljardêrs, toondowe TV-sterre, tiranne en tegnokrate. Hoogstaande vermaak deur digters soos Loftus Marais, Anouk Cronjé, Herman Wasserman, Rentia WeberenDesmond Painter.