Met Stephanie Baartman(stem),Janine Neethling(klavier)
’n Semi-outobiografiese kabaret wat jou laat lag, huil en met nuwe oë na jou eie storie laat kyk. Dit vertel die verhaal van Stephanie, die dogter van twee pastore, wat haar plek in die wêreld soek te midde van haar gemengde agtergrond en ons komplekse geskiedenis. Met humor, patos en ’n mengsel van koortjies, ghoema, jazz en oorspronklike Afrikaanse komposisies besef sy: Om in te pas is een ding, maar om te behoort is iets heeltemal anders.
Wenner van die 2025 Woordtrofee vir uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek.
Regisseur Elzabé Zietsman
Skrywers Stephanie Baartman, Johann Slabbert
Musiekregisseur Janine Neethling