In die jare vyftig word Peter Blum geloof as die belangrikste digterstem van die dekade, maar sommige vind sy werk “dekadent” en praat van ’n “maaierkultus” in sy verskuns. In 1960 verruil hy en sy vrou, Hetta, Suid-Afrika vir Engeland. “Uit walging,” skryf hy. Hy keer sy rug op die skryfkuns, besoekers is min en Hetta se geestestoestand raak wankelrig. Met brontekste wat briewe en verse van Blum en Hetta insluit, trap ons in die spore van ’n sonderlinge figuur in ons letterkunde.