Dit was nog altyd moeilik om ’n lewe te maak as vryskutskrywer, maar teen
2025 het dit haas onmoontlik geword. Of jy nou boeke, artikels, “inhoud” of kopie
skryf, geleenthede is onvoorspelbaar en die betaling onvolhoubaar. Ander planne
is ononderhandelbaar. Ilse Salzwedel gesels met Jolyn Phillips, Karin
Schimke, Leonie Joubert en die Vlaamse skrywer Frederik De Backer oor die
stand van sake, die moontlikhede vir die toekoms en die faktore wat ’n invloed
het op die loopbaan van woordwerkers. ’n Noodsaaklike gesprek vir enigiemand
wat wil skryf vir ’n lewe.