DEBUUT
Met Carlo Daniels
Een akteur op die verhoog, maar vele rolle. Ons leer Hamlet intiem verstaan en kan persoonlik – op ’n praktiese en geestelike vlak – met hom identifiseer. Hierdie nuwe eenman-collage, geïnspireer deur die werk van Robin Malan, herverbeel Hamlet se geestelike en praktiese stryd as ’n reeks rou, intieme vignettes. Dit speel af in die hedendaagse Kaapse Vlakte en dele van Kaapstad waarin die trauma van ons kollektiewe koloniale nalatenskap direk gekonfronteer word. I Lord Hamletbelig die verpletterende identiteitskrisis van ’n steeds gemarginaliseerde gemeenskap en transformeer Hamlet se persoonlike soeke in ’n kollektiewe reis na genesing.
Vervaardiger Teaterboem
Regisseur Jason Jacobs
Skrywer Carlo Daniels
Choreografie Darion Adams
Musiek Jannous Aukema
Verhoogbestuur Asamkela Katelo
Ondersteun deur die Toyota Stellenbosch WoordfeesenNATi