Aangebied deur Xarra Books
Die dirigent en tjellis Kutlwano Masote besin oor ’n lewe wat tussen musiek en familie afgespeel het. Van die orkesruimte tot in die hart van sy huis deel Masote ’n eerlike, diep persoonlike verhaal van liefde, verlies, verslawing en verlossing. In hierdie gesprek oor sy pragtige, liriese memoir gesels Kutlwano met die boekjoernalis Elna van der Merweoor wanbalans en harmonie in die lewe. Hy bederf ook die gehoor met twee stukke op die tjello: “Die swaan” uit Camille Saint-Saëns se Karnaval van die diereen die Prelude uit J.S. Bach se eerste tjellosuite.