Indigenous Garden Plants: A Garden Walk

EasyEquities Skrywersfees
Engels
120 Minute
15 Oktober
09:30
R80 | R110 by die hek + toegangsgeld

South African Indigenous Garden Plants is ’n omvattende gids propvol
nuttige inligting en volkleurfoto’s van 2 400 inheemse tuinplante. Om deur die
boek te blaai is byna so vervullend as die ware Jakob – die vars lug en grond van
jou eie tuin onder jou vingernaels. Geniet ’n bietjie van albei: Kom stap saam met
een van die skrywers, die plantkundige en natuurhistorikus Geoff Nichols,
deur Stellenbosch se botaniese tuin en bekyk en leer meer oor die plantspesies
wat in dié tuinbybel bespreek word. (Toegangsgeld is by die US Botaniese
Tuin betaalbaar.)

Aangebied deur Struik Nature