Jak de Priester: Van Sally tot Somerset-Wes

Toyota Musiekfees
Afrikaans
Gesin
90 Minute
5 Oktober
15:30
9 Oktober
14:00
R180-R260 | R210-R290 by die deur

Met Jak de Priester en die Kaapse Lawaaimakers

In 2001 skryf Jak de Priester sy eerste groot treffer, “Sally Williams Nougat”, die liedjie wat ’n merkwaardige loopbaan sou inlui. ’n Jaar later wen hy die ATKV Crescendo-kompetisie en stel sy debuutalbum bekend. Vyf-en-twintig jaar later kyk Jak terug op ’n ryk lewe vol musiek en stories – ’n mylpaal wat hy vier met ’n konsert vol geliefde liedjies en die bekendstelling van sy boek, Jak de Priester – Van Sally tot Somerset-Wes, wat hulde bring aan sy indrukwekkende Afrikaanse musiekloopbaan.