Filmfees
Afrikaans
36 Minute
13 Oktober
17:00
14 Oktober
17:00
18 Oktober
16:30
19 Oktober
18:00
Oktober
Gratis

Alister Fortuin, voorheen bekend as Jan Bloed, is ’n voormalige lid van die Fast Guns- en Varados-bendes in Westbury. Ons volg sy verhaal van kinderjare tot jong man tot gevangene, en leer hoe hy sy lewe in die tronk verander het. Ná 22 jaar word hy op parool vrygelaat en trou met Engeline Fortuin. Ons stap saam met hom deur Westbury en sien al die plekke wat iets vir hom beteken. Hy stel ons bekend aan mense uit sy verlede en hede. Ons ontmoet sy ma, Felicity, wat sê vir haar was hy nog altyd net Alister, nie Jan Bloed nie. Alister maak sy hart oop oor sy seun, Vercaino, wat tans in die tronk is. Hy droom daarvan om ’n beter pa en ’n positiewe rolmodel vir Vercaino te wees. As ’n pastoor streef hy nou daarna om die harte en koppe van die nuwe generasie te swaai. Gaan die gesin weer in misdaad verval, of gaan hulle sterk staan? Gaan hulle saam die smalle weg in Westbury stap, of gaan hulle paaie hulle in verskillende rigtings lei?

13 Oktober 17:00 Neelsie 1

14 Oktober 17:00 Neelsie 2

18 Oktober 16:30 Neelsie 2

19 Oktober 18:00 Neelsie 1

Met Alister Fortuin, Felicity Fortuin, Jefferson Johnson, Maureen Jacobs Vercaino Jacobs, Ronald Jansen, Byron Steenkamp, Anthony Watson

Vervaardiger: Gerrie Janse van Vuuren, Nicolaas Viljoen
Regisseur: Gerrie Janse van Vuuren, Nicolaas Viljoen
Redigeerder: Adi van der Walt
Kinematograaf: Gerrie Janse van Vuuren