Met Heinrich Frans, Andrew Ford-trio
Heinrich Frans is ‘n Kaapstadse jazzsanger wat bekend is vir sy warm, sielvolle klank en samewerking met kunstenaars soos Jonathan Butler, Kirk Whalum, Oleta Adams en Diana Ross. Hy het ook al saam met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes opgetree. Vir dié konsert snoer hy kragte saam met die Andrew Ford-trio onder leiding van die gevierde pianis en komponis Andrew Ford. Bring jou eie instrument saam, want elke aand word afgesluit met ‘n lewendige jam-sessie saam met die kunstenaars.
Saamgestel deur Ramon Alexander, Vicky Davis
Ondersteun deur die Endler-konsertreeks, US Departement Musiek