Met Abigail Petersen, Andrew Ford-trio
Die bekroonde jazzsangeres en pianis, Abigail Petersen, tree saam met die Andrew Ford-trio op – ’n jarelange samewerking tussen van Kaapstad se voorste jazzmusikante. Met internasionale ervaring in Suid-Afrika, New York, Las Vegas en Europa, insluitend in die bekroonde musiekblyspel Kat and the Kings, beloof Abigail saam met Andrew en kie, ‘n aand van sielvolle jazz.
Saamgestel deur Ramon Alexander, Vicky Davis
Ondersteun deur die Endler-konsertreeks, US Departement Musiek