Jazz at the Konserve: Ramon Alexander Quintet – The throwback project

Toyota Musiekfees
90 Minute
18 Oktober
20:30
R130 | R160 by die deur

In dié konsert neem Ramon Alexander gehore terug na waar dit alles begin het, met ’n kopknik na ESP, die gewilde Stellenbosch-gebaseerde orkes van die vroeë 2000’s wat gehelp het om sy musikale stem te vorm. Hy deel ook materiaal van sy langverwagte nuwe album wat in 2026 uitgereik word.

Met Ramon Alexander (klavier), Danel Dippenaar (altsaxofoon en fluit), Joshua America (kitaar), Dylan Tabisher (kontrabas), Annemie Nel (tromme)