Jazz at the Konserve: Ramon Alexander-trio & Buddy Wells

Toyota Musiekfees
Multilingual
Gesin
80 Minute
7 Oktober
21:00
R140 | R170 by die deur

Met Buddy Wells(saxofoon), Ramon Alexander (klavier),Adam Fredericks(baskitaar), Annemie Nel (tromme)

Alexander is weer saam met die vermaarde Suid-Afrikaanse saxofoonkunstenaar Buddy Wells op die verhoog – dit volg op hul vertoning vroeër vanjaar by die Montreux-jazzfees Franschhoek. Wells bring vars interpretasies van Alexander se komposisies, terwyl gehore hul tande kan slyp vir musiek van die pianis se nuwe album wat na verwagting vroeg in 2027 uitgereik word. Bring jou eie instrument saam, want elke aand word afgesluit met ‘n lewendige jam-sessie saam met die kunstenaars.

Saamgestel deur Ramon Alexander, Vicky Davis
Ondersteun deur dieEndler-konsertreeks, US Departement Musiek