Jazz at the Konserve: Schalk Joubert Band ft. Sima Mashazi

Toyota Musiekfees
90 Minute
16 Oktober
20:30
R130 | R160 by die deur

Die bekroonde baskitaarspeler, komponis en vervaardiger Schalk Joubert bring sy unieke mengsel van jazz en wêreldmusiek en word ondersteun deur ’n kragtige trio: Kevin Gibson, Blake Hellaby en die spesiale gaskunstenaar, die sanger Sima Mashazi. Joubert en Mashazi is ’n dinamiese en gesogte duo wat al saam reg oor die wêreld opgetree het.

Met Schalk Joubert (baskitaar), Sima Mashazi (stem), Blake Hellaby (klavier), Kevin Gibson (tromme)