Jeanne vertel

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
Gesin
60 Minute
10 Oktober
16:00
R50 | R80 by die deur

Aangebied deur Hemel & See

Jeanne vertel stel die boekliefhebber bekend aan een van die gewildste skrywer-digters in Afrikaans. Wyle Jeanne Goosen (vertolk deur Winnie Rust Nel) gaan, asof sy steeds mét ons is, op haar rusbank lê en gesels oor haar lewe, haar liefdes en haar werk. Daarna sal Nini Bennett met Petrovna Metelerkamp gesels oor die publikasie van die boeke wat ná Goosen se dood in 2020 verskyn het: Los gedagtes, Het jy geweet ek kan toor, ’n Lewe vol sinne, Sneeu in die Karoo en die jongste, Jeanne vertel, ’n versameling van hoofsaaklik ongepubliseerde prosa.