Jenny Morris: Greedy Girl

Leefstyl
English
Gesin
90 Minute
8 Oktober
15:30
R250

Aangebied deur Penguin Random House

Die geliefde TV-sjef Jenny Morris, wat in die volksmond bekend staan as die Giggling Gourmet, kook uit haar sewende boek, Greedy Girl. Die resepte is geskryf in haar kenmerkende styl – soms soet, soms stout, maar altyd spitsvondig – en gegeur met Griekse, Marokkaanse, Franse en Suid-Afrikaanse invloede. Jenny gaan met haar lewensmaat, Gordon Hiles, gesels en van haar persoonlike gunstelinge uit Greedy Girlvoorsit. Bespreek jou kaartjie en sluit aan by die geledere van bekendes soos prins Charles, Graham Norton en Thabo Mbeki wat almal al Jenny se fantastiese kookkuns geniet het.

8 OKT 15:30
R250