Jeremy Loops word allerweë beskou as een van die mees dinamiese verhoogkunstenaars in Suid-Afrika. Deur middel van loopsskep dié talentvolle sanger sy eie orkes met onder meer mondfluitjie, ukulele en kitaar wat hy almal self bespeel. Met albums soos Trading Change, Critical as Water en Heard You Got Love het hy ook ’n internasionale aanhang opgebou met honderdduisende aanhangers op stromingdienste. Moenie hierdié buitengewone musikale belewenis misloop nie!