Jo(h)an: Twee stemme

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute
4 Oktober
13:00
R50 | R80 by die deur

Aangebied deur Protea Boekhuis, Human & Rousseau

Louise Viljoen tree in gesprek met twee stemme wat aanhou om diep spore in die Afrikaanse letterkunde te trap: Joan Hambidge en Johan Myburg. Amberkamer: Gedigte uit die 21ste eeu is ’n keur uit Hambidge se werk wat saamgestel is deur Karen de Wet. Steierwerk is die jongste bundel uit Myburg se pen, en volg op Narreskip (2022) en Uittogboek (2017) wat in 2020 met die Hertzogprys bekroon is. Die digters lees ook voor uit hulle werk.