Ontdek die sjarme en inspirasie van die geskiedkundige Johnman-tuin agter die witgekalkte mure in Hertestraat. Water uit die leiwatersloot gee al dekades lank lewe aan dié tuin – kom beleef die ouwêreldse karakter daarvan in die hart van Stellenbosch, en geniet die pragtige ou bome en beddings vol snyblomme. Die tuinier hier,Pietman Diener, vertel meer oor die geskiedenis van die tuin. Stap saam en geniet tee en skons as deel van die tuintoer.