Met Annien Shaw(viool), Matthew Campbell-Stead(viool), Azra Isaacs(altviool), Babette Roosenschoon(tjello)
Wat sou die resultaat wees as die Juliet-strykkwartet ‘n speellys saamstel uit hul musikale hoogtepunte? Playlist is presies dit: ‘n sorgvuldig saamgestelde keur van werke waarvoor die ensemble lief is, gespeel het, tans verken of wat spesifiek vir hulle geskryf is. Saam vorm dié stukke ‘n helder weerspieëling van hul unieke musikale identiteit. Die kwartet, wat in 2014 gestig is, bevorder nie net die strykkwartet-kanon nie, maar ook Suid-Afrikaanse komposisies.