Kamphoer HF

Kamphoer – die verhaal van Susan Nell

Spier Toneel
Afrikaans
Geen o.13 (S)
75 Minute
15 Oktober
13:00
16 Oktober
09:30
R180-R310 | R210-R340 by die deur

In Kamphoer – die verhaal van Susan Nell, vertolk Sandra Prinsloo die uitdagende rol van Susan Nell wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir die dood agtergelaat is, maar wie se paaie later weer met dié van haar verkragter kruis. Die drama is geskoei op die topverkoper-debuutroman Kamphoer deur Francois Smit en die niefiksie-publikasie The Boer Whore deur Nico Moolman. Prinsloo lewer ’n kragtoer in hierdie eenvroudrama onder regie van die veelbekroonde, internasionaal gerekende Lara Foot. Die stuk het verskeie pryse ingepalm, onder meer ’n kykNET Fiësta-toekenning.

Regisseur Lara Foot

Stel- en beligtingsontwerp Patrick Curtis

Klankontwerp, klankbaan en komposisie Simon Kohler

Kostuumontwerp Mariechen Vosloo en Birrie le Roux

Verwerk vir die verhoog deur Cecilia du ToitSandra Prinsloo en Lara Foot

Verhoogbestuurder Wicus Louw

Vervaardig deur Theatrerocket

Moontlik gemaak deur KunsStig