Karnaval van die diere

Klassieke musiek
60 Minute
18 Oktober
16:00
R195-R280 | R225-R310 by die deur

Camille Saint-Saëns se komiese Karnaval van die diere beeld die diereryk uit met ’nverteller, die Stellenbosch City Orchestra en twee klaviere. In hierdie bekende suite gebruik die komponis briljante instrumentale effekte om musikale prentjies te skets. Die halfuur lange werk word voorafgegaan deur ligter klassieke musiek en sangitems. ’n Onvergeetlike ervaring vir oud en jonk.

Met Niël Rademan (sang, vertelling), Stellenbosch City Orchestra onder leiding van Paul Loeb van Zuilenberg, Mario Nell (klavier), José Dias (klavier)

Komponis Camille Saint-Saëns
Teks Niël Rademan