Met Heinrich Wentzel, Angelique Filter, Jeanne-Marié Koekemoer, Zara West, Frances van Rooyen, Caeli Aggenbach, Zoë Oosthuizen
Wat word van al jou verlore sokkies? Vir elke liewe kas in die hele wye wêreld is daar ’n Kasmannetjie wat jou kas mooi netjies hou. Kasper, ’n trotse kaskadet, en die sewe-en-’n-half-jarige, rolskaatsende Blommie waag dit om haar kas binne te gaan. Kan Blommie en haar dapper hart die gierige Monsokster verslaan en die ware monster – ons onblusbare dors na nóg en nóg en nog – ontmasker? Hou vas aan jou sokkies en duik saam in hierdie borrelende, fantastiese onderstebo-reis deur Kraakburg-kaswêreld wat oud en jonk sal betower!
Vervaardigers Jeanne-Marié Koekemoer, Caeli Aggenbach, Zoë Oosthuizen
Regisseur en ontwerp Jeanne-Marié Koekemoer
Skrywers Jeanne-Marié Koekemoer, Caeli Aggenbach, Mikayla Klerck, Zoë Oosthuizen
Choreografie Frances van Rooyen
Verhoogbestuur Jean Retief
Ondersteun deur die Universiteit Stellenbosch-dramadepartement