Kattekwaad en koekeloer

Kinderfees
Afrikaans, English
Gesin
30 Minute
3 Oktober
09:00
10 Oktober
14:30
R60 | R90 by die deur

Met Mia Groenewald, Ané Lourens

Dis heeltyd speeltyd in ’n wêreld van kattekwaad en koekeloer. Woeps en Waps is onwaarskynlike maats. Waps kruip weg in haar verbeeldingswêreld en Woeps is ’n beterweterige babbelbekkie. Terg en pret om elke hoek en draai ontwikkel in ’n eindelose verbeeldingsreis vol speel, deel en verken. Met brabbeltaal, koddige gebare en dans herinner hierdie bewegingsteaterstuk ons aan die kosbare hart van ’n kind. Oud en jonk se voete gaan jeuk om saam met Woeps en Waps te baljaar in hulle wêreld van kattekwaad en koekeloer.

Regisseur en choreografie Estelle Olivier
Skrywers Mia Groenewald, Ané Lourens, Estelle Olivier
Verhoogbestuur Jana du Pisani

Ondersteun deur die Universiteit Stellenbosch-dramadepartement