Spier Toneel
Afrikaans
Geen o.13
70 Minute
13 Oktober
19:00
14 Oktober
19:00
16 Oktober
16:00
18 Oktober
09:00
19 Oktober
18:00
R180-R265 | R210-R295 by die deur

’n Wrok, sê hulle, is ’n seer ding om te koester. Namas en Boesmans is mos vreedsame mense. Só teken die wit mense hulle op. Hulle baklei nie. Hulle gee af as daar moet afgegee word en hulle vat nie. Soos Hanna het Maria ’n kjeent by God gesmeek en God het gegee. Dawid en Maria is vir Dammas gegee. Op ’n Sondag in 1867 word hulle kamp, Nona-Ams, deur Boesmans oorval terwyl die grootmense ’n kerkdiens op Besondermeid bywoon. 32 Nama-kjeeners, hulle oppassers en honde word doodgemaak. Dieselfde God wat vir Dawid en Maria gegee het, vat vir Dammas en 31 anner Nama-kjeeners terug. En gee en terugvat is erger as steel. Dié stuk bied ’n Noord-Kaapse geskiedenis wat nie alombekend is nie. Met kwessies oor ma-wees, ouer-wees, geloof en ’n tragiese geskiedenis wat se letsels nou nog op Namakwaland se rug lê.

Met Miché van Wyk, Theodore Jantjies, Lynette du Plessis, Damian Jacobs

Skrywer Lynthia Julius

Regie en ontwerp Lee-Ann van Rooi

Beligtingsontwerp Alfred Rietmann

Verhoogbestuurder Charlene Colling

Klankbaan Carl Julius

Choreograaf Grant van Ster

Produksiebestuur BOSSIKOP Productions

’n Ko-produksie van die Stellenbosch Toyota Woordfees en Suidoosterfees, ondersteun deur NATi, Festival Enterprise Catalyst (FEC) in samewerking met die Jobs Fund