Filmfees
13
20 Minute
11 Oktober
17:30
12 Oktober
16:30
15 Oktober
17:00
17 Oktober
16:30
Gratis

SILWERSKERMFEES 2025: KORTFILM (OPKOMEND)

Lucian Geland, die reënboogskaap van sy familie, se debuutboek is ’n verrassende treffer. Die haakplek? Dis vernietigende niefiksie wat alles oor sy familie uitlap. Net sy suster Marion weet, en sy speel die senutergende spel strategies saam. Die Gelands vier die eerste keer saam Kersfees sedert die dood van die familie se patriarg, Pastoor Freddy. Gespanne gee hulle voor dat alles goed en wel is, maar onder die oppervlak sweer wrokke, geheime – en Lucian se verdoemende prosa. Terwyl kos en wrewel in gelyke mate voorgesit word, wankel en kreun hul erfstuktafel – letterlik – onder die gewig. In die chaos beland Lucian in die rol van ’n onwillige patriarg. ’n Skerp, ongemaklike dramedie oor familie, nalatenskap en patrone wat jy moet breek voor dit jou breek.

11 Oktober 17:30 Neelsie 1

12 Oktober 16:30 Neelsie 2

15 Oktober 17:00 Neelsie 1

17 Oktober 16:30 Neelsie 2

Met Braeden Buys, Lauren Joseph, Melanie du Bois, Veronique Jephtas, Euodia Samson, Royston Stoffel

Produksiehuis KB Productions
Regisseur Stevie Cupido
Draaiboekskrywer Stevie Cupido
Redigeerder Johan Cronje
Kinematograaf Dawid Swart