Aangebied deur Jonathan Ball
Van skolerugby-wonderkind tot Stormers-kaptein, van Springbok-glorie tot die lewe weg van die rugbyveld – beleef die verhaal van die formidabele voorspeler wat dalk die mees bekende lid van die Bomb Squad en ’n hoeksteen van die Springbokke se wêreldoorheersing was. Steven Kitshoffkeer terug na Stellenbosch vir ’n prettige en eerlike gesprek met Marco Botha. Die skrywer Michael Vlismas deel stories oor hoe hy hierdie groot man agter die Bok-trui op skrif laat leef.