Waar in die wêreld kry jy nie een nie, nie twee nie, maar tíén klaviere op dieselde verhoog? In die wonderlike Endlersaal, natuurlik! Ná die oorweldigende sukses van die Klavier-extravaganza by verlede jaar se Woordfees keer Suid-Afrika se mees geliefde pianiste terug – met die ondersteunende deelname van die US musiekdepartement se klavierafdeling.