Klavieraria: Van Hummel tot Liszt

Klassieke musiek
N/A
Gesin
70 Minute
8 Oktober
19:30
R215-R270 | R245-R300 by die deur

Met Jan Hugo(klavier)

Laat die klavier sing! Hierdie program bring die liriese en dramatiese wêreld van die opera na die klavier, met werke van Johann Nepomuk Hummel, Sigismond Thalberg, Frédéric Chopin en Franz Liszt. Met enigiets van elegante salonstukke tot virtuose, operageïnspireerde klankwêrelde vang die program die passie, drama en poësie van die Romantiek vas. Dis ’n intieme musikale reis vol emosie, verbeelding en briljante klaviermeesterskap.