Kleurglasvensters van die Moederkerk

Leefstyl
Multilingual
60 Minute
4 Oktober
11:00
7 Oktober
09:00
11 Oktober
11:30
R120 | R150 by die deur

Oor son en sterre, duiwe en druiwe, visse en vlamme, windpomp en weerlig, kandelaar en kers… watter verhale vertel die vensters? Die kleurglasvensters van die Stellenbosse Moederkerk is kunswerke wat ryk is aan simbole. Zorada Temmingh se blik op die simboliek in die vensters ontsluit verrassende interpretasiemoontlikhede – veel meer as dié wat opgeskryf is sedert die installasie van die eerste vensters ongeveer 50 jaar gelede. Kom stap saam met Zorada en en ontdek ’n diepte van betekenis en inspirasie binne die ikoniese vensters se stories.