Aangebied deur klyntji.com
Ons Klyntji is die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif wat in 1896 gestig is. Dit herleef in die 1940’s-’50’s, daarna in die 1990’s en sedertdien verskyn die gedrukte Ons Klyntji– literêre zine steeds elke jaar. klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe kuns en kultuur. Kom vier en bevraagteken 130 jaar sedert die eerste Ons Klyntjiverskyn het.
In samewerking met Jaco van der Merwe (Wêreld) en die kunstenaars Die Hotel Henry, Jason B, Gktimo & Chefstibo, Dierbaar, Ultra-Mal, ’n surprise DJ en ander. Laatmiddag tot donkernag. Klyn begin, aanhou win. #klyntjiklub