Ná die sukses van Storiekos is Frik de Jager, die gewilde kok en storieverteller
wat gereeld in RSG se Klets en kook verskyn, terug met ’n tweede kookboek.
In Koesterkos deel Frik geliefde resepte wat kom uit sy ma, Hermana, en ouma
Lenie se resepteboeke wat dateer uit 1914 tot 1989. Frik onthou en koester
gunstelinggeregte uit sy kinderjare wat die nostalgie en die verlange saam met
die lus sal aanwakker. Sit aan vir ’n keurige vyfgangete wat 75 jaar van plaaslike
kostradisies en kookprosesse weerspieël, terwyl Frik ook stories, staaltjies en smake
uit Koesterkos deel.