Kom toer saam deur die alfabet!

Kinderfees
Afrikaans
Gesin
40 Minute
4 Oktober
10:00
4 Oktober
11:30
R50 | R80 by die deur

Met Daniëlla van Heerden

In hierdie prettige, eg Suid-Afrikaanse voorlesing uit ’n Leeu in ’n lugballon – Alfabetrympies vir aapsterte ontmoet kinders karakters van oraloor Suid-Afrika. Kom op ’n avontuur saam met Alex in Adelaide tot by Zandile in Zeerust en kyk wat hulle daar aanvang. Die joernalis, ouerskap-poduitsaaier en skrywer Daniëlla van Heerden lees voor uit haar splinternuwe kinderboek en betrek kinders om saam nuwe lawwe alfabetrympies uit te dink met name, plekke, diere… en hope verbeelding. ’n Speelse, interaktiewe ervaring vol humor, ritme en taalpret vir jong kinders en hulle ouers.