Krapp se laaste band

Spier Toneel
Afrikaans
Gesin
50 Minute
3 Oktober
20:00
4 Oktober
19:00
5 Oktober
20:00
R210-R260 | R240-R290 by die deur

DEBUUT

Met Carel Nel

Dis ‘n laataand in die toekoms. Alleen op sy verjaarsdag sit Krapp tussen bokse vol herinneringe en die brose oorblyfsels van ’n lewe wat verbygegly het. Terwyl hy luister na ’n opname van sy jonger self – ’n stem vol ambisie, begeerte en selfvertroue – word hy gedwing om die afstand tussen wie hy was en wie hy geword het, in die oë te kyk. Met humor, hartseer en genadelose eerlikheid word dié vertaling van Krapp’s Last Tape’n diep ontroerende meditasie oor identiteit, liefde, verlies, tyd en die verhale wat ons vir onsself agterlaat. Carel Nel lewer ’n priemende vertolking van Samuel Beckett se ikoniese karakter.

Vervaardiger en regisseur Stefan Benadé
Skrywer Samuel Beckett
Vertaler, ontwerp, choreografie, musiek en verhoogbestuur Stefan Benadé

Ondersteun deur die Toyota Stellenbosch Woordfees