Kuns in openbare ruimtes is deel van Stellenbosch se ryke kultuuromgewing, en vanjaar bied die Woordfees aan besoekers die geleentheid om dié skat te voet te verken saam met Hanlé Hill. Hier word wêreldbekende kunstenaars se handewerk nie beperk tot die ruimtes in geboue nie; dit kan deur almal op ons sypaadjies en in ons parke besigtig word – gratis. Op dié begeleide toer sien jy beelde van nader en hoor meer oor die agtergrond van elke werk. Kom skep asem en stap saam.