Met Dillon Myburgh(tromme), Mika Burger(baskitaar), André Hough(klank)
Laudo en Frank se show Kom wat wilbring twee besonderse stemme saam op een verhoog. Ná die sukses van die bekroonde produksie Eet kreef! Herleef keer dié duo terug met ’n vertoning vol nuwe musiek en stories. Dit beloof om ’n onvergeetlike aand van nostalgie te wees, maar bring ook nuwe perspektiewe.