Haai oe, julle stoute kabouters. Wat gebeur as Liewe Heksie deelneem aan Blommeland se eie Strictly Come Dancing? Weet sy dan ooit wat ’n wals is? En wat gebeur as Levinia die belangrike taak kry om die Silwerroos op te pas? Die Geelheks wil graag haar kloutjies daarop lê sodat al die blomme in Blommeland kan doodgaan. Maar Liewe Heksie sê sy beskerm die Silwerpapawer met haar lewe. Die span agter dié produksie is al talle kere benoem vir beste kinderteater en het reeds twee Kannas gewen by die KKNK.