Little Maestros: Classical Concerts for Families

Kinderfees|Klassieke musiek
Afrikaans, English
Gesin
50 Minute
3 Oktober
09:30
3 Oktober
11:30
R110 | R140 by die deur

Met Magdalene Minnaar

Kom luister na nog ’n interaktiewe Little Maestros-konsert – dié slag luister ons na blaasinstrumente! Klassieke musiek is ’n wonderlike ontwikkelingshulpmiddel vir kinders onder die ouderdom van sewe en dra by tot beter breinontwikkeling en konsentrasie. Dié pasgemaakte konsert is spesifiek op jong luisteraars gemik wat in ’n ontspanne atmosfeer musiek van W.A. Mozart, J.S. Bach en ander bekende klassieke meesters kan leer ken. Verwag heelwat interaktiewe oomblikke en verduidelikings en deelname aan die bewegings op die maat van musiek.

Vervaardiger Biblioteek-produksies