Little Maestros: Classical concerts for families

Kinderfees
50 Minute
11 Oktober
09:30
11 Oktober
11:30
R85 | R115 by die deur

Kom luister na nog ’n interaktiewe Little Maestros-konsert – dié slag luister ons na die harp! Klassieke musiek is ’n wonderlike ontwikkelingshulpmiddel vir kinders onder die ouderdom van sewe en dra by tot beter breinontwikkeling en konsentrasie. Dié pasgemaakte konsert is spesifiek op jong luisteraars gemik wat in ’n ontspanne atmosfeer musiek van W.A. Mozart, J.S. Bach en ander bekende klassieke meesters kan leer ken. Verwag heelwat interaktiewe oomblikke, verduidelikings en deelname aan die bewegings op die maat van musiek. Dis ’n heerlike gesinskonsert en almal is welkom.

Met Jana van der Walt (harp)

Vervaardiger Biblioteek-produksies