Die sanger-liedjieskrywer Lize Beekman is terug met haar nuwe album en vertoning waarin sy met haar stories en lirieke die alledaagse inkleur soos net sy kan. Saam met haar op die verhoog is van Suid-Afrika se topmusikante. Verwag Afrikaanse musiek van gehalte en ’n intieme, sielvolle ervaring wat jou lank sal bybly.