Aangebied deur Karavan Press
As dramaturg is Louis Viljoen bekend vir sy fyn, ingewikkelde taalgebruik en die ongemaklike intimiteit in sy dramas wat gehore vasgenael hou. Die versamelbundel Selected Playsbring vir die eerste keer tien van Viljoen se kragtigste toneelstukke byeen. Die aktrise Emma Kotze, een van Viljoen se gereelde medewerkers, gesels met die dramaturg oor die vakmanskap, chaos en die aard van die Suid-Afrikaanse teater, asook die uitdagings om sy donker werk op te voer.