In dié opwindende voordrag span die Juliet-strykkwartet en Luna Duo kragte saam om ’n oorspronklike program van kamerwerke vir klarinet en strykkwartet aan te bied. Albei ensembles bestaan uit vooraanstaande Suid-Afrikaanse musici in eie reg, en saam verken hulle ’n inspirerende keuse van musiek deur plaaslike en internasionale komponiste. Die eklektiese program sluit in die splinternuwe sekstet Dances of Rebirth deur Matthijs van Dijk – ’n werk wat beskou word as ’n viering van die ryk diversiteit van styl, kleur, atmosfeer en verbluffende melodieë.