Marc Eugene Lottering

Spier Toneel
Meertalig
Geen o.16 (T)
85 Minute
13 Oktober
19:30
R160-R280 | R190-R310 by

Marc Eugene Lottering is die komediant Marc Lottering se jongste solovertoning wat baie van sy aanhangers as sy beste werk tot nog toe beskou. Lottering neem die gehoor op ’n skreeusnaakse persoonlike reis – van sy ma wat hom as kind oortuig het hulle is oorspronklik “blonde German Caribbeans” tot sy toelating tot die SA Comics Choice Hall of Fame. Die vertoning is vir ’n Naledi-toekenning benoem en het die Kanna-toekenning vir beste komedie-aanbieding gewen.

Regisseur Anwar Mc Kay