Vir die geliefde skrywer Marita van der Vyver begin die reis na vryheid by vrees. Maar vrees word vinnig nuuskierigheid, en sy vat saam met haar Fransman die pad na onbekende plekke, dikwels in die voetspore van skrywers en musikante. In My jaar van vrees en vryheid neem Marita ons saam op reis oor drie vastelande en ’n hele leeftyd van herinneringe. Ingrid Jones praat met Marita oor die verlies wat vrede en vryheid voorafgaan, oor dapperheid, die aflegging van aardse goed en die vagevuur van verandering.