Met José Dias(klavier), sangstudente van die US
Maurice Ravel se L’Enfant et les sortilèges is ’n musikale towerkas wat oopklap die oomblik wanneer ’n stout kind besluit dissipline is vir die voëls. Stoele begin praat, teekoppies kla oor slegte maniere en diere én somme eis die respek wat hulle verdien. Hierdie mini-opera is half sprokie, half droom, met musiek wat aan elke karakter sy eie klankwêreld gee. Opgevoer deur die talentvolle jong sangstudente van die US is dit kort, kleurryk en absoluut onvergeetlik!
Regisseur en choreografie Jacki Job
Musiek Maurice Ravel
Musiekverwerking en -regie José Dias, Minette du Toit-Pearce
Ontwerp Minette du Toit-Pearce