Meer as warm gloede: Jou liggaam, jou brein, jou hormone

Leefstyl
Afrikaans
o/14
60 Minute
6 Oktober
10:00
R200

Hierdie gesprek, wat voortbou op die kykNET-dokumentêr Meer as warm gloede, bring toonaangewende mediese kenners bymekaar om oop en eerlik te gesels oor wat werklik in ’n vrou se liggaam en brein gebeur tydens peri-menopouse en menopouse. Van hormonale verskuiwings en breinwaas tot slaap, gemoed en seksuele gesondheid – ons verhelder die wetenskap sonder sensasie. Saam met die kenners herinner Tillie Smit ons daaraan dat daar agter elke mediese feit ook ’n geleefde ervaring is. Die gesprek word gefasiliteer deur Antoinette Louw, wie se eie ontdekkingsreis die hart van die dokumentêr vorm. Hierdie is die gesprek wat vroue lank reeds in die openbaar wil voer – in Afrikaans, met helderheid en sonder skaamte.

Ondersteun deur kykNET, MrsKing Productions