Middel: Noord & Suid

Kinderfees
Afrikaans, English
Gesin
30 Minute
4 Oktober
17:00
8 Oktober
16:00
R60 | R90 by die deur

Met Aidan Davies, Lukhona Mkunyana

Deur die gebruik van nieverbale kommunikasie, veral brabbeltaal en beweging, illustreer Middel/Middle hoe verhoudings gevorm kan word wanneer woorde misluk. Die stuk verken temas van ’n magstryd, verhoudings en konflik, aangevuur deur liefde wat ongesê bly. Noord (die Wonderlike) en Suid (die Dankbare) maak vir die eerste keer kontak met mekaar se wêreld. Dit lei tot chaos, verwarring en belaglike pogings om mekaar te saboteer. Noord probeer om sy oorheersing af te dwing, maar Suid kelder sy pogings met ’n dwase probeerslag om hom te beïndruk. Die twee karakters moet leer om mekaar se verskille te verstaan en te respekteer, terwyl hulle getrou bly aan hulself. Die stuk fokus daarop om dikwels moeilike konflikte tussen individue op ’n verstaanbare manier vir jonger gehore uit te beeld.

Verhoogbestuur Mila Sobolewski 
Skrywers Aidan Davies, Lukhona Mkunyana
Choreografie Estelle Olivier

Ondersteun deur die Universiteit Stellenbosch-dramadepartement