2024 | Suid-Afrika
Ná ’n familietragedie probeer Albert sy seun, Allie, op versoek van sy aanmatigende, tradisionele pa, Eugene, tot manlikheid lei. Albert en Allie onderneem ’n reeks jagtogte, maar in die proses begin Allie verhard tot iemand wat Albert nie meer herken nie. Dit lei daartoe dat hy die waardes bevraagteken wat hy sy hele lewe lank beoefen het.