Hulle het deur die lug getuimel en op die grond geveg, die hitte van die
aksie beleef en die kameraadskap leer ken wat slegs deur gedeelde pyn,
vasbyt en verlies gesmee kan word. In Valskermbataljonverhale deel die private
speurder Mike Bolhuis die ware stories van regte parabats – rou en eerlike
vertellings wat wys hoe dit was om een van dié elite groep soldate te wees. Piet
Croucamp vra vir Mike en sy mede- parabat Lieb Liebenberg uit oor die
gevare wat hulle beleef het, en help om die valskermsoldate se stories lewe te gee.